Pastoor Henri Wilson
|
|
|
|
Pastoor Henri Wilson is in Durban gebore en het in Pretoria grootgeword en gematrikuleer. Hy het aan die Universiteit van Johannesburg en AGS Teologiese Kollege gestudeer, waar hy sy teologiese studies susksesvol voltooi het. Hy het op 13 jarige ouderdom sy hart vir die Here gegee en is op 15 jarige ouderdom deur die Here geroep tot voltydse bediening. Sy vriende beskryf hom as 'n man wat van kleintyd af die liefde en roeping van die Here uitgestraal het. Hy het op 19 jarige ouderdom begin preek en het in Januarie 1997 tot die voltydse bediening toegetree. Hy is beroep na die AGS Pretoria Noord Aanbiddingsentrum as Presiderende Leraar en het hier op 1 Mei 2002 begin. Hy is 'n gewilde gasspreker met 'n hart vir die kerk en 'n passie vir Herlewing en Restourasie. Sy gesalfde prediking en lering is prakties, opbouend en geïnspireerd deur die Heilige Gees. Hy bedien sterk profeties en vloei in genesing. Hy bedien die totale mens na gees, siel en liggaam. Henri is getroud met Theresa en hulle het twee kinders, Jonathan en Kaylie. Hulle woon in Montana Park, Pretoria. |
|
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
|
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |













